Skip to content

Rev Jou Toere

Ervaar Afrika met n profesionele agentskap

Rev Jou Toere is ’n ervare en passievolle Suid-Afrikaanse toeroperateur wat unieke, op Afrika-ervarings gefokusde toere aanbied — perfek vir mense wat die Kaap en Wyne, pragtige landskappe en kultuur in hul moedertaal wil ontdek. Ons bekostigbare pakkette sluit luukse vervoer, gekwalifiseerde en geakkrediteerde toergidse, uitstekende akkommodasie met etes, en toegang tot populêre besienswaardighede in, sodat jy ’n sorgvrye en onvergeetlike reiservaring kan geniet. Of jy ’n plaaslike groepreisiger, Afrikaanssprekende senior, of avontuursoeker is, Rev Jou Toere bied persoonlike, volledig georganiseerde toere deur Suid-Afrika wat fokus op ware belewenisse en kwaliteit diens. Besoek ons webwerf vir volledig beskrywings van 2026 se beste Kaap & Wynlande-toer, pryse en hoe om vandag nog jou plek te bespreek!

Karoo Stilte & Sterre Toer

Toerprys: R 10 800.00

Die Karoo Stilte & Sterre Toer is ’n unieke, begeleide reis deur die hart van Suid-Afrika se Karoo, waar stilte, oop landskappe en ongelooflike sterrekyk saamvloei in ’n onvergeetlike ervaring. Hierdie toer neem jou na ikoniese Karoo-dorpe soos Uniondale, Sutherland, Prince Albert en Matjiesfontein, waar geskiedenis, kultuur en natuurverhale lewendig word. Hoogtepunte sluit in besoeke aan die South African Large Telescope (SALT), asemrowende ritte deur Meiringspoort, en rustige aande onder een van die donkerste sterrehemels in die land. Die Karoo Stilte & Sterre Toer is ideaal vir reisigers wat op soek is na stadiger, betekenisvolle reiservarings, ryk aan stories, natuurskoon en egte Suid-Afrikaanse gasvryheid.

Prys bereken per persoon wat akkommodasie deel!  Addisionele heffing vir enkel akkommodasie beloop R 2 800.00! Gebasseer op ‘n Bed & Ontbyt basis tensy anders aangedui. Termes en voorwaardes geld.

Ingesluit:

  • Luukse Vervoer met ‘n gekwalifiseerde bestuurder & geakkrediteerde Toergids
  • Luukse Akkommodasie met Ontbyt & Alle Aandetes!
  • Ingangsfooie soos gelys onder aktiwiteite, 
  • Passasiers aanspreeklikheid-versekering

Uitgesluit:

  • Portierfooie!
  • Bestuurder & Gids se welwillendheidsfooie.
  • Verversings.
  • Drankies.
  • Middagetes!
  • Reis & Alle risiko Versekering.

Meer Oor Ons

Rev jou Toere toermaatskappy is gebore as gevolg van 3 faktore:

  1. Nood: Soos almal weet was toerisme verreweg die ergste geaffekteer weens die Covid virus en nadat die pandemie tsumami ons totale inkomste uitgewis het, moes ons voor begin.
  2. Vermaak: Nadat Charlize Theron verklaar het daar is net ongeveer 44 Afrikaanssprekendes in Suid Afrika, het ons besluit om toere juis in Afrikaans aan te bied, en daardie 45 of meer persone tevind om saam te toer!
  3. Passie: Met dieselfde passie en onderskeie sterk punte het Fanie van Zyl besluit afgetrede en werkende  Seniors, asook ander Vyftigplussers, uit te nooi om saam te toer!

Skep van die naam “Rev Jou Toere”
Net buite Beaufort-Wes, op die N9 na De Rust na voltooing van een van ons vele agterpaaie toere, het ons besluit om toere vir die plaaslike Suid Afrikaanse, en spesifiek die Afrikaans mark te ontwikkel. Met jare se ondervinding in die Toerisme en Toerisme-vervoerbedryf en met kennins van duisende toerpakkette, roete en gewilde attraksies is daar besluit om spesiale toerpakkette saam te stel waar Suid Kapenaars hul dorp, streek en land kan verken ingeslote naburige lande.

Ons vergelyk ons met geen ander toermaatskappy nie, is nie in kompetisie met ander in toerisme nie. Ons glo ons het ons eie “mojo” en daarmee wil ons graag uniek en in ons eie baan bly.

So is die naam “Rev jou Toere” gebore. Tong in die kies en dubbelsinnig. Revolusies van ‘n motor word gemeet op ‘n toermeter. Ons het besluit om die toere se revolusies hoog te druk en die motor(bus) se toere binne riglyne te hou – dus toeriste se toere! Logies ook dat ons slagspreak dus sê: “Toere sonder brieke – in Afrikaans!” 

Mooiste Kaap & Wynlande-Toer

Toerprys: R 10 500.00

Die Karoo Stilte & Sterre Toer is ’n unieke, begeleide reis deur die hart van Suid-Afrika se Karoo, waar stilte, oop landskappe en ongelooflike sterrekyk saamvloei in ’n onvergeetlike ervaring. Hierdie toer neem jou na ikoniese Karoo-dorpe soos Uniondale, Sutherland, Prince Albert en Matjiesfontein, waar geskiedenis, kultuur en natuurverhale lewendig word. Hoogtepunte sluit in besoeke aan die South African Large Telescope (SALT), asemrowende ritte deur Meiringspoort, en rustige aande onder een van die donkerste sterrehemels in die land. Die Karoo Stilte & Sterre Toer is ideaal vir reisigers wat op soek is na stadiger, betekenisvolle reiservarings, ryk aan stories, natuurskoon en egte Suid-Afrikaanse gasvryheid.

Prys bereken per persoon wat akkommodasie deel!  Addisionele heffing vir enkel akkommodasie beloop R 2 800.00! Gebasseer op n Bed & Ontbyt basis tensy anders aangedui.